Ons famous Roosterkoek resep vir die braai


Tradisioneel is roosterkoek veral op slagdag saam met lewer, niertjies en vetderm oor die kole gebraai en vir ontbyt voorgesit.


  • 500 ml bruismeel ( 2 k )
  • 2.5 ml sout ( 1/ 2 t )
  • 25 ml suiker ( 2 E )
  • 25 ml margarien of olie ( 2 E )
  • 200 ml water ( 4/ 5 k ) 

  1. Sif die droë bestanddele saam.
  2. Meng die margarien of olie daarby.
  3. Voeg die water daarby om `n taamlik stywe deeg te vorm.
  4. Vorm die roosterkoekies met die hand – gebruik meel indien dit aan die hande vassit.
  5. Braai dit op `n rooster oor die braaivleisvuur.
  6. Onthou om dit dikwels om te draai.


Connect gerus ook met ons op Facebook by https://www.facebook.com/LikeRugby