Ons famous Roosterkoek resep vir die braai


Tradisioneel is roosterkoek veral op slagdag saam met lewer, niertjies en vetderm oor die kole gebraai en vir ontbyt voorgesit.


  • 500 ml bruismeel ( 2 k )
  • 2.5 ml sout ( 1/ 2 t )
  • 25 ml suiker ( 2 E )
  • 25 ml margarien of olie ( 2 E )
  • 200 ml water ( 4/ 5 k ) 

  1. Sif die droƫ bestanddele saam.
  2. Meng die margarien of olie daarby.
  3. Voeg die water daarby om `n taamlik stywe deeg te vorm.
  4. Vorm die roosterkoekies met die hand – gebruik meel indien dit aan die hande vassit.
  5. Braai dit op `n rooster oor die braaivleisvuur.
  6. Onthou om dit dikwels om te draai.


Connect gerus ook met ons op Facebook by https://www.facebook.com/LikeRugby



Bierblik Hoender Braai resep


Ingredients

  • Jou gunsteling bier
  • Jou gunsteling spices
  • Knoffel
  • Heel hoender

Method

  • Vat ‘n groot sluk van jou gunsteling bier
  • Meng jou spice met ‘n bietjie knoffel en spice die hoender.
  • Maak die hoender regop sit op die bierblik.
  • Vat foelie en maak albei die drumsticks toe aan die onderkant.
  • Plaas foelie oor die res van die hoender .
  • Moet nie die foelie te styf teen die hoender druk nie.
  • Plaas hoender op die kole vir so 1 uur 30 min.

Dit is die beste hoender wat jy sal proe.